Jesus, Lam van God ... Hoekom?

Die Woord van God is baie duidelik daaroor dat Jesus (of eerder, Yahuwsha) die Lam van God is.

Joh 1: 29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! 

Opb 5:12 en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

Hoekom was Hy die Lam van God? Hoekom was dit nodig dat Hy moes sterf? Hoekom moes Sy bloed vloei? In die algemeen, wanneer ons hierdie vraag vir onsself beantwoord, dink ons telkens aan die bekende skrif in Joh 3: 16 en voer ons die liefde van God aan as beweegrede daarvoor dat Yahuwsha vir ons gesterf het.

Joh 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Ja, God is liefde en het Hy uit liefde Homself vir ons gegee. Die vraag bly egter steeds, was Hy alleen gedryf deur liefde om Homself vir ons te offer sodat ons sonde versoen kan word? Was dit die enigste rede? Nee, soos ons vervolgens sal sien was liefde vir die mens nie die enigste dryfveer of beweegrede nie, inteendeel, God was wetlik verplig om Homself as offer te gee in ons plek en was dit die hoofrede (ineengevleg met liefde) vir Yahuwsha se sterwe vir ons.

Kom ons begin by die begin en stap ‘kortliks’ deur die Woord ten einde te sien hoedat dit gekom het dat Yahuwah wetlik (of kontraktueel) verplig was om Homself, in die persoon van Sy Seun, Yahuwsha, vir ons te gee as offer. Volgens Johannes, asook die skrywer van die brief aan die Hebreërs, is daar geen onduidelikheid oor hoe alles begin het en Wie daarby betrokke was nie:

Joh 1: 1 – 3, 14 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon

Heb 1: 1, 2 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

1 Joh 1: 1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe

Opb 19: 13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.

1 Joh 5: 7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

Vanuit bogenoemde skrifgedeeltes is dit baie duidelik dat Yahuwsha en die Woord een en dieselfde is en dat Hy, die Woord, van die begin af daar was. Wat of wanneer is die ‘begin’?

Heb 7: 1 – 3, 17 Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede; sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur. … Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. 

Die priesterorde van Melgisédek is ewig, ‘sonder begin van dae’. Yahuwsha ‘is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek’. Yahuwsha, die Woord, was dus vir alle ewigheid, die verlede in, maar daar. Hierdie Woord, wat Yahuwsha is, sal natuurlik ook vir alle ewigheid, die toekoms in, ook daar wees aangesien Yahuwsha en die Woord onlosmaaklik een is. Die Woord kom uit die mond van God en sluit dit alles in wat God gespreek het, ook (en by uitstek) die ‘Ou’ Testament.

Die Woord wat God gespreek het om te skep was Yahuwsha, en die eerste mens wat geskep is was Adam.

Gen 1: 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, … En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape;

Na die sondvloed het die mens, net soos voor die sondvloed, weer verwyderd geraak van God. Dit was egter nog altyd die hart van God om vir Homself ‘n afgesonderde (heilige) volk/bruid te hê. Dis per slot van rekening hoekom hy die mens geskape het. God het toe na die mens uitgereik en vir Abram geroep (nadat alle mense weereens van God afvallig geraak het) en nadat Hy hom getoets en op die proef gestel het, en Abram getoon het dat hy gehoorsaam en waardig was, het God hom geseën en aan hom ‘n ewige belofte gemaak en ‘n verbond met Abraham gesluit.

Gen 12: 1 – 3 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Gen 15: 1 – 18 Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot. Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te geeEn hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? En Hy antwoord hom: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: 

DiereVerbond

Gen 17: 1 – 8, 15 – 19 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. … Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees. En Ek sal haar seën en jou uit haar ook ‘n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom. Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ‘n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar? En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig! Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.

God het dit duidelik aan Abram gemaak dat Hy hom sal seën en die vader van ‘n menigte van nasies sal maak, so baie soos die sterre aan die hemel. God sal verder ‘n verbond met hom sluit wat sal oorgaan op sy seun Isak en al die geslagte daarna as ‘n ewige verbond. Die seën wat God oor Abraham uitgespreek het sal dus oorgaan op sy seun Isak en so ook op alle geslagte daarna.

In die volgende skrifgedeelte sien ons dat, as gevolg van Abraham se geloof en gehoorsaamheid, die seën van God oorgegaan het op sy seun Isak. Op sy beurt sal Isak se nageslag nou so baie wees soos die sterre aan die hemel en in hom sal al die nasies van die aarde geseën wees.

Gen 26: 1 – 5, 24 En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar. En die HERE het aan hom (Isak) verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het. En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.

Isak het op sy beurt twee seuns gehad, Esau en Jakob. Die seën wat op Isak gerus het moes oorgaan op Esau as die eersgeborene, maar dit het nie. Hierdie seën het oorgegaan op Jakob, die jonger seun, aangesien Esau sy eersgeboortereg geminag het deur dit aan Jakob te verkoop vir ‘n pot lensiesop. 

Gen 25: 29 – 34 En Jakob het ‘n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom. Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem. En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.                   En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.

Die eersgeboortereg is vir God van onskatbare waarde en stel Hy dit so hoog op prys dat God vir Esau gehaat het omdat hy sy eersgeboortereg verag en afstand daarvan gedoen het. Dis daarom dat die eersgeboortereg (en die gepaardgaande seën) op Jakob oorgegaan het.

Mal 1: 2, 3 … Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.

Die seën van God wat gerus het op Abraham, asook die belofte en ewige verbond, het gevolglik oorgegaan op Isak en toe op Jakob.

Gen 28: 1 – 4, 14 Toe het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie. Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Bétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ‘n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer. En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ‘n menigte van volke kan word. En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het. en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Gen 32: 9, 12 En Jakob het gesê: o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, … U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.

Dit is baie duidelik, God se belofte van seën wat gerus het op Abraham het oorgegaan op Isak en toe op Jakob. Jakob en sy nageslag sal wees soos die stof van die aarde wat sal uitbrei na die uithoeke van die aarde (Gen 28:14) en hierdie seën van God sal oorgaan van geslag tot geslag in ooreenstemming met die belofte van God.

Jakob het twaalf seuns gehad (by vier vroue) waarvan die oudste Ruben was en op wie die seën van die eersgeboortereg derhalwe gerus het. Ruben is vir hom gebore by Lea, wat nie Jakob se eerste en groot liefde was nie. Ragel was sy groot liefde en by haar is vir hom gebore Josef, die oudste, en Benjamin. Ruben, die oudste, het egter gesondig deur ‘n groot oneer aan Jakob te betoon en het so die seën van sy eersgeboortereg verbeur.

Gen 49: 1 – 4 Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar. Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader! Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag! Opbruising soos van waters – jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.

1 Kron 5: 1, 2 Ruben, … was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie; want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een ‘n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad

Ruben se sonde (deur seksueel te verkeer met een van sy pa se byvroue) het tot gevolg gehad, net soos in die geval van Esau, dat die eersgeboortereg van hom weggeneem is en aan Josef, die eersgeborene van Jakob se groot liefde, Ragel, gegee is.

Gen 49: 22 – 26 Josef is ‘n jong vrugteboom, ‘n jong vrugteboom by ‘n fontein; sy takke klim oor die muur. Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry, maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob –  daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is, van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.    Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers.

Ons sien dus hoe die sëen van God wat gerus het op Abraham oorgegaan het op Isak, daarna op Jakob, en toe op Josef. Josef het op sy beurt twee seuns gehad wat vir hom gebore is in Egipte, Manasse en Efraim. Jakob het die twee seuns vir homself toegeien, hulle geseën en vir Efraim, die jongste, bo Manasse, die oudste, gestel:

Gen 41: 51, 52 En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader. En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.

Gen 48: 1 – 21 Ná hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam. En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê: Kyk, u seun Josef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit. En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die land Kanaän, en my geseën en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ‘n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee. Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon. Maar jou nakomelinge wat jy ná hulle verwek het, sal joue wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel. En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daar nog ‘n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem. Toe Israel die seuns van Josef sien, sê hy: Wie is dit? En Josef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat God my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën. Maar Israel se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hulle gesoen en hulle omhels. En Israel sê vir Josef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien. Daarop laat Josef hulle van sy knieë af weggaan, en hy buig hom met sy aangesig na die aarde toe. En Josef neem hulle twee Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel en hy bring hulle by hom. Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene. En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het – mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte. Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring. En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof. Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook ‘n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sy nageslag sal ‘n menigte van nasies word. So het hy hulle dan dié dag geseën en gesê: Met jou sal Israel ‘n seën toewens, met die woorde: Mag God jou maak soos Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor Manasse gestel. Daarop sê Israel vir Josef: Kyk, ek gaan sterwe, maar God sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die land van julle vaders.

Deut 33: 17 Sy eersgebore stier – heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En dit is die tien duisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!

Die eersgeboortereg, wat volgens geboorte Ruben s’n was, maar toe oorgegaan het na Josef en daarna op Efraim, is deur God self bevestig by monde van die profeet Jeremia:

Jer 31: 9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene.

Efraim word gereken as een van die seuns van Jakob en dieselfde seën wat op sy voorvaders, Abraham, Isak en Jakob, gerus het, het nou op Efraim gerus. In Gen 48:19 sien ons dat Efraim ‘n menigte van nasies sal word, net soos wat geprofeteer is vir Abraham, Isak en Jakob. Die eersgeboortereg het dus van Jakob oor Josef na Efraim gegaan. In die onderstaande skrifgedeelte sien ons dat, alhoewel Juda, die broer van Josef, sterk was onder sy broers, het Josef die eersgeboortereg gekry. Vanuit die geslagte van Juda het daar egter ‘n vors (of koning) gekom, niemand anders as Dawid nie, die groot koning van Israel onder wie die twaalf stamme (die seuns van Jakob) van Israel nog verenig was.

1 Kron 5: 2 want Juda was sterk onder sy broers, en uit hom het een ‘n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad –

Ons sien dus dat die eersgeboortereglyn na Josef en Efraim gegaan het, terwyl die koningskaplyn via Juda gegaan het waaruit een ‘n vors geword het. Hierdie vors was Dawid en sien ons volgens die geslagsregister van Yahuwsha, in Mat 1:1 – 17, dat Dawid ‘n direkte afstammeling is van Juda, die seun van Jakob. Yahuwsha is dus volgens hierdie skrif ‘n direkte afstammeling van Dawid, en staan Hy dan ook bekend as die seun van Dawid. Yahuwsha kom dus uit die stam van Juda wat algemeen bekend staan as die Jode.

Mat 1: 1, 17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.

Yahuwsha het dus nie uit die eersgeboortereglyn (Josef/Efraim) gekom nie, maar uit die koningskaplyn (Juda). Die eersgeboortereglyn het na Josef gegaan, die broer van Juda, en toe na Efraim. Hierdie feit is baie belangrik om te snap en te onthou, want die Jode het voortgespruit uit die stam van Juda en het die koningskapslyn deur hulle gegaan en is Yahuwsha, die Koning, uit die stam van Juda. Die seën van die eersgeboortereg rus egter nie op Juda (die Jode) nie, maar op Efraim. Die gevolg hiervan sal duidelik word in die volgende skrywe getiteld, “Jesus, Lam van God … die implikasies”.

Terwyl die volk in Egipte was het die seën van Abraham oorgegaan van geslag tot geslag volgens die belofte van God. Onder leiding van Moses het God sy volk verlos van die huis van slawerny (Egipte), hulle deur die woestyn gelei en geneem na die land wat Hy aan Abraham met ‘n eed beloof het. Hierdie land was nie net die beloofde land nie, nee, dit was ook die verbondsland, as gevolg van die verbond wat God met Abraham en sy nageslag gesluit het. Deur Sy kneg Moses het God aan Sy volk Sy verbond en voorskrifte bekend gemaak. Die volk moes Sy verbond en voorskrifte nakom en dit onderhou ten einde geseënd te wees in die land wat Hy aan Abraham, Isak, Jakob en hul nageslag beloof het. Die behoud van hierdie beloofde land, of verbondsland, was direk gekoppel aan die onderhouding van hierdie verbond en die gepaardgaande voorskrifte.

Eks 24: 3 Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ‘n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.

Deut 4: 1, 2, 13, 14, 23 – 27 Luister dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem. Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel. Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe. Ook het die HERE my in dié tyd bevel gegee om julle die insettinge en verordeninge te leer, dat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem. Neem julle in ag dat julle die verbond van die HERE julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geen gesnede beeld maak nie – ’n gelykenis van enigiets wat die HERE jou God jou verbied het. Want die HERE jou God is ‘n verterende vuur, ‘n jaloerse God. As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ‘n gesnede beeld maak, ‘n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg, dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe.

Deut 5: 31, 32 Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem. Sorg dan dat julle doen soos die HERE julle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.

Deut 28: 58 – 64 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die HERE jou God, te vrees nie, dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes; en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe. Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is. En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie. En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.

Lev 26: 13 – 16, 30, 33 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop. Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek dan sal Ék dit ook aan julle doen: … en my siel sal ‘n afsku van julle hê. … En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word. 

God het aan die volk Sy verbond (die tien woorde/gebooie), asook die ander gepaardgaande voorskrifte, gegee om te onderhou in die beloofde land (of verbondsland) wat Hy aan Abraham en sy nageslag beloof het as ‘n ewige besitting en seën. Die verbond van die tien woorde (tien gebooie) het gebou op die oorspronklike verbond wat God met Abraham gesluit het. Die verbonde bou op mekaar en staan nie los van mekaar nie. Die gebooie, verordeninge, en insettinge is deur God gegee ten einde die verbond, wat God met Abraham (en sy nageslag) gesluit het, in plek te hou en te beskerm. God sal uit die aard van die saak Sy kant van die ooreenkoms nakom, maar dis geensins ‘n uitgemaakte saak aan die kant van die mens nie omdat die mens (die volk) te doen het met sy ‘gevalle beeld’ waar die vlees oorheers. Indien die volk, die twaalf stamme, egter ongehoorsaam is en volhard in die verbreking van hierdie gebooie, verordeninge en insettinge, sal dit uitloop op die verbreking van die verbond (aan die kant van Abraham se nageslag) met die gevolg dat allerhande plae hulle sal tref. Hulle sal gevolglik die land verloor en sal hulle verstrooi word tot aan die uithoeke van die aarde. Hierdie waarskuwing dat hulle verstrooi sal word is nie een keer nie, maar drie keer aan die volk gerig. Eers in Deut 4: 27, later in Deut 28: 64, en later weer in Lev 26: 33 (soos ons hierbo gesien het).

Gekoppel aan hierdie gebooie, verordeninge en insettinge van God is seën en vloek. Die keuse lê by die mens, kies gehoorsaamheid (die gevolg van geloof) en die seën sal jou oorweldig, kies ongehoorsaamheid (die gevolg van ongeloof) en die vloek sal jou oorweldig. Net voor die volk die beloofde land (die verbondsland) sou binnetrek het God aan hulle hierdie waarheid meegedeel.

Deut 11: 26 – 29 Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor— die seën as julle luister na die gebooie van die HERE julle God wat ek julle vandag beveel; en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie. As dan die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Gerísim lê en die vloek op die berg Ebal. 

Die volk van God moes letterlik die seën, asook die vloek, uitspreek op die grondgebied van die verbondsland, die seën op die berg Gerísim en die vloek op die berg Ebal. Dit het hulle gedoen, onder leiding van Joshua, toe hulle hierdie land betree het.

Jos 8: 30 – 34 Toe het Josua ‘n altaar gebou vir die HERE, die God van Israel, op die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moses: ‘n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie; en dáárop het hulle aan die HERE brandoffers gebring en dankoffers geslag. En daar het hy ‘n afskrif van die wet van Moses op die klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die oë van die kinders van Israel, terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan—teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE—die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën. En daarna het hy al die woorde van die wet voorgelees, die seën en die vloek, net soos dit geskrywe staan in die wetboek. 

Hierdie seën en vloek (van die wet), soos dit geskrywe staan in die wetboek, vind ons in Deuteronómium 28. Die opdrag was duidelik – wees gehoorsaam en onderhou hierdie gebooie, insettinge en verordeninge van God se wet en die seën (van die wet) sal oor hulle kom; wees ongehoorsaam aan hierdie gebooie, insettinge en verordeninge van God se wet en die vloek (van die wet) sal oor hulle kom. ‘n Gedeelte van Deut 28 word nou hier voorgehou en is dit goed om egter die hele Deut 28 deur te lees.

Deut 28: 1 – 27, 58 – 64 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God. Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld. Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang. Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug. Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee. Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel. En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees. En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee. Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie. En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen, en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie. Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld. Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang. Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het. Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom. En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees. Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is. Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug—en jy sal ‘n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word. En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak. Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie. … As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die HERE jou God, te vrees nie, dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes; en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe. Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is. En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie. En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie. …

Met die intog van die volk in die beloofde land, en die lees/uitspreek van God se Wet oor die land, het hierdie seën en vloek nou gerus op die beloofde land (die verbondsland) asook die verbondsvolk van God. Wees gehoorsaam aan God (Yahuwah) en die seën (van die wet) sal jou oorval, wees ongehoorsaam aan Yahuwah en die vloek (van die wet) sal jou oorval. Ten einde te sorg dat die seën van die wet aanhou rus op die verbondsvolk (en die verbondsland), moes hulle al die goddelose volke/stamme wat in die land Kanaän woonagtig was uitroei ten einde te verhoed dat die volk van God verval in hul gruwelike gewoontes/dade. Josua het aan die huis van Josef (Efraim en Manasse) opdrag gegee om die Kanaaniete te verdryf en aan hulle die noordelike gebied gegee en aan Juda die suidelike gebied:

Jos 17: 17, 18 Toe het Josua met die huis van Josef, met Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is ‘n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie; want die gebergte sal joue wees – ’n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.

Jos 18: 5  … Juda moet sy gebied in die suide behou, en die huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou.

Efraim het egter nie die Kanaaniete verdrywe soos wat aan hulle opdrag gegee is nie, en het die Kanaaniete se gode mettertyd vir die Israeliete, die volk van Yahuwah, ‘n strik geword:

Rig 1: 29  En Efraim het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het.

Rig 2: 1 – 3 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie; maar julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land maak nie; hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na my stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen? So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode ‘n strik vir julle.

In die verbondsland, het Efraim hulself met die heidene (wat nie uitgedryf is op bevel van God nie) vermeng en hul gebruike/werke aangeleer:

Ps 106: 26, 27, 34 – 36 Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn, en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande. … Hulle het die volke nie verdelg soos die HERE aan hulle gesê het nie, maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer. En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle ‘n strik geword.

Om die werke van die heidene te leer en te doen is om af te dwaal van Yahuwah se Woord en Sy voorskrifte en die gebruike van die heidene aan te hang en te doen as die ‘nuwe normaal’. Is dit nie vandag die norm in die mensdom nie? Die gebooie van mense (teenstrydig met Deut 4:2) word onderhou as normaal en moreel reg; die sabbat (die sewende dag) word nie onderhou nie en is ‘n nuwe ‘rusdag’ ingevoer, die feeste van Yahuwah word nie onderhou nie en is nuwe feeste ingevoer, daar is afgedwaal van Yahuwah se voedselvoorskrifte en eet die mense nou wat normaal is vir die heidene, en is aborsie (die doodmaak van kinders) op die wetboeke van die meeste lande. Hierdie is nie in lyn met Yahuwah se hart en Woord nie en die waarskuwing teen die onderhouding van die ‘gebooie van mense’ staan vandag steeds vas.

Mat 15: 9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

Tit 1: 14 gebooie van mense wat van die waarheid afwyk …

In die land Kanaän, die beloofde land, die verbondsland, waaroor die seën en die vloek van die wet nou gerus het, het die seën wat op Abraham gerus het oorgegaan op sy nageslag van geslag tot geslag, net soos wat God gesê het. Dawid, ‘n direkte afstammeling van Abraham, vanuit die stam van Juda, het hierdie voorskrifte, die gebooie van God, onderhou. Nie net het hy dit onderhou nie, maar hy het dit dag en nag oordink en was hy baie lief vir die woord/wet/gebooie van God. 

Ps 119: 97, 113, 127, 140, 163 Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief. Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief. Leuens haat ek en het daar ‘n afsku van; u wet het ek lief.

Dit is duidelik vanuit Psalm 119 dat Dawid die woord van God, Sy wet en gebooie, baie lief gehad het.  Hierdie liefde van Dawid vir die woord, wet en gebooie van God, het tot gevolg gehad dat die volk, onder die koningskap van Dawid, die seën van die wet ervaar het. Onder Dawid was die volk ‘n eenheid en het hy oor al twaalf die stamme regeer. Die seën wat God oor Abraham uitgespreek het, het volgens die belofte van God, oorgegaan op Isak en toe op Jakob en op al die geslagte daarna tot en met Dawid.

Dawid het baie seuns gehad (1 Kron 3:1 – 9), waarvan Salomo een was:

1 Kron 3: 1, 5 Dit was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahínoam, uit Jísreël; die tweede Daniël, by Abígail, uit Karmel; En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Sálomo, vier by Bat-Sua, die dogter van Ammiël.

Na Dawid was Salomo die koning van Israel, en onder sy koningskap is die tempel in Jerusalem gebou.  Salomo, as koning, het egter gesondig teen God deurdat hy afgedwaal het en die gode van sy vroue aangehang het en nie God se gebooie onderhou het nie. Salomo het teen die gebod gegaan wat gespreek is by monde van Isak, dat hul nageslag nie vroue moet neem vanuit naburige nasies/volke nie. Dit het verskriklike gevolge vir die volk (twaalf stamme) ingehou.

1 Kon 11: 1 – 13, 28 – 38 En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese – uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan – Salomo het hulle met liefde aangehang. En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie. En Salomo het agter Astárte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop. So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie. Toe het Salomo ‘n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon. En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode. Daarom was die HERE toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het, en hom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van die HERE nie gehou nie. Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar (Jeróbeam) gee. Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun (Rehábeam) sal Ek dit afskeur. Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het. … En die man Jeróbeam was ‘n dapper held. Toe Salomo sien dat die jongman ‘n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef. Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet Ahía, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met ‘n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld. Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke, en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee; maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel – omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Astárte, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie. Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het. Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme; en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd ‘n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig; en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel. En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou ‘n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.

As gevolg van Salomo se oortreding teen die verbond, insettinge en gebooie van God, is die volk in twee geskeur, te wete die tien noordelike stamme, onder koningskap van Jeróbeam, en die twee suidelike stamme, Juda en Benjamin, onder koningskap van Rehábeam, die seun van Salomo. Die tien noordelike stamme word in die Woord na verwys as die huis van Israel (ook bekend as Efraim) terwyl die twee suidelike stamme bekend staan as die huis van Juda (die Jode). Die verbondsvolk is nou verdeel in twee met die eersgeboortereg wat rus op die huis van Israel (Efraim) en die koningskapslyn wat rus op die huis van Juda.

Judah&Israel

Rehábeam, koning oor die huis van Juda, wou die koningskap oor al die twaalf stamme terug wen, en het hy die huis van Juda (1 Kon 12: 21, 23) gereed gekry om oorlog te voer teen die huis van Israel (die tien noordelike stamme).  Hy is egter gewaarsku dat hierdie opbreking van God is, en dat hy dit moet laat staan.

1 Kon 12: 21 – 25 En toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin, honderd en tagtig duisend strydbare jong man-skappe, vergader om oorlog te voer teen die huis van Israel, om die koningskap vir Rehábeam, die seun van Salomo, terug te win. Maar die woord van God het tot Semája, die man van God, gekom en gesê: Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele huis van Juda en Benjamin en die orige deel van die volk en sê: So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van die HERE en weer teruggetrek volgens die woord van die HERE. En Jeróbeam het Sigem op die gebergte van Efraim gebou en daarin gewoon, en daarvandaan uitgetrek en Pnuel gebou.

Jeróbeam, koning oor die tien noordelike stamme (Efraim), het ‘n belofte van God ontvang (1 Kon 11: 38) dat as hy Sy insettinge en gebooie onderhou, dan sal sy koningskap vergelyk kan word met dié van Dawid en sal sy huis (die huis van Israel) bestendig wees. Hy het egter sy eie kop gevolg en teen God gesondig:

1 Kon 12: 26 – 33 En Jeróbeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer:           as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda.        Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem – hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het! En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel. En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan. Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie. En Jeróbeam het ‘n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het. En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel ‘n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.

Jeróbeam was bang dat die kinders van die huis van Israel na Jerusalem sou reis vir aanbidding (aangesien die tempel daar was) en dan sou aansluit by die huis van Juda. Hy het nie die woord van God geglo en vertrou dat sy koningskap soos dié van Dawid sal wees as hy gehoorsaam is aan God en sy insettinge en gebooie onderhou nie. Hy het nie in die geloof gehandel nie en het hy dinge in sy eie hande geneem en twee goue kalwers (as gode) opgerig vir aanbidding (net soos in die tyd van die trek deur die woestyn). Hy het verder priesters aangestel wat nie van die stam van Levi was nie, en ‘n fees ingestel op ‘n tyd wat hy self versin het. Jeróbeam het nie gewandel volgens die Woord, insettinge en gebooie, van God nie. As gevolg van sonde, wat oortreding teen die insettinge en gebooie van God is, is daar altyd gevolge. Die gevolg vir hierdie dwaling was dat die tien noordelike stamme (Efraim) hul grondgebied, die beloofde land (die verbondsland), verloor het – in ooreenstemming met die woord en talle waarskuwings van God, wat die vloek van die wet insluit.

1 Kon 14: 7 – 10, 15, 16 Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek die HERE, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as ‘n vors oor my volk Israel aangestel het en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie, maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak het om My te terg en My agter jou rug gewerp het – kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos ‘n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie. … En die HERE sal Israel slaan, soos ‘n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die HERE geterg het. En Hy sal Israel oorgee vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het en waarmee hy Israel laat sondig het.

Aan die hand van die Assiriërs het hierdie verstrooiing van die huis van Israel (die tien noordelike stamme, Efraim) 720 jaar voor Christus plaasgevind.

2 Kon 17: 5 – 8, 15, 16 En die koning van Assirië het opgetrek deur die hele land en opgetrek na Samaría en dit drie jaar lank beleër. In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië. Want die kinders van Israel het gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het. … En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie. En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat …

Net soos die huis van Israel (Efraim) het die huis van Juda ook gesondig:

1 Kon 14: 22 – 24 En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het. En hulle het ook vir hulle hoogtes gebou en klippilare en heilige boomstamme op elke hoë heuwel en onder elke groen boom. En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.

Dit waarteen God sy volk gewaarsku het, het nou gebeur. Hulle was ongehoorsaam aan die verbond deurdat hulle harte gehoereer het agter ander afgode aan asook die gebooie van mense. Die vloek van die wet, uitgespreek oor die volk en die land, het nou wettiglik oor hulle gekom. Die huis van Israel het sy grondgebied, die verbondsland, verloor en is hulle onder die nasies verstrooi in 720 BC. Die huis van Juda het later ook sy grondgebied, die verbondsland, verloor en is onder die nasies verstrooi in 135 AD. Die volk van God is verstrooi na die vier uithoeke van die aarde (in lyn met die Woord van God) en het hulle hul identiteit in God verloor en is hulle vermeng met ander nasies wat afgode dien en nie wandel na die Woord van God nie.

Die profeet Hosea voorsien ons van ‘n baie mooi skrywe van die lot wat die huis van Israel, oftewel Efraim, getref het (en kan die hele boek van Hosea gerus gelees word).

Hos 5: 11 Efraim is verdruk, verbreek deur die oordeel; want dit het hom behaag om na die gebod van mense te wandel. (Is dit nie vandag steeds die geval nie? Mense wandel eerder na die gebod van mense en nie na die gebod van God nie; sien wat sê Yahuwsha self in Mat 15: 9 … tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.)

Hos 7: 8 – 11 Efraim – hy vermeng hom met die volke; Efraim is ‘n roosterkoek wat nie omgekeer is nie. Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie. Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie. So het Efraim dan geword soos ‘n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, …

Efraim het gehandel na die werke en gruwels van die omringende heidennasies en so het hulle geroep na Egipte, die oorspronklike huis van slawerny, om weer ‘n slaaf van die sonde (ongeregtigheid) te word. Efraim, wat ‘n slaaf van God moes wees, het hul verslaaf met die gebruike van hierdie heidennasies wat nie in lyn met die Woord van God was en is nie. Efraim, die eersgeborene van Yahuwah, bevind hom nou tussen al die volke van die aarde tot aan die vier uithoeke van die aarde. Efraim, soos geprofeteer deur Jakob, het ‘n menigte van nasies geword.

Gen 48: 19 Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook ‘n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer (Efraim) groter wees as hy, en sy nageslag sal ‘n menigte van nasies word.

Volgens die King James Version van die bybelprogram ‘e-sword’, is ‘n menigte van nasies die vertaling vir die Hebreeus melo goyim. ‘Melo’ beteken letterlik ‘fullness’ terwyl ‘goyim’ letterlik ‘gentiles’ beteken. ‘n Menigte van nasies, oftewel ‘melo goyim’, beteken dus letterlik ‘fullness of gentiles, die volheid van die heidene. Efraim is dus verstrooi onder die heidense volke en het Efraim net soos hulle geword en is daar geen onderskeid te tref tussen Efraim (die tien noordelike stamme, die huis van Israel, die eersgeborene van Yahuwah) en die heidense nasies nie. Die heidene, tot aan die vier uithoeke van die aarde, het letterlik vol geword met dié van Efraim wat bygekom het. Daar het ook nasies uit hulle voortgespruit en daarom dan die uitdrukking ‘volheid van die heidene’. Weens hulle ongehoorsaamheid en sonde is hulle verstrooi oor die hele aarde en in Hos 8: 8, 9 sien ons dat Efraim “onder die volke (is) soos iets wat waardeloos is”, en dat hulle “eiesinnig rondloop” en nie na die sin/wil van God nie.

Hos 8: 8, 9 Israel is verslind; alreeds is hulle onder die volke soos iets wat waardeloos is. Want húlle het opgetrek na Assur – ’n wilde-esel wat eiesinnig rondloop, is Efraim! – hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.

Die gevolg van hierdie ongehoorsaamheid en sonde is dat God ‘n einde gemaak het aan al Efraim se feeste, nuwemane en sabatte, want, in lyn met heidense gebruike (die gebooie van mense), word God se feeste en sabbat nie onderhou nie.

Hos 2: 10 En Ek maak ‘n einde aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.

Sy, die volk van Yahuwah en die voornemende ‘bruid’ van Yahuwsha, het gehoereer met ander volke/mans en is nou gebonde aan hulle en die gepaardgaande sonde. Efraim het haar ware identiteit verloor aangesien God haar oorgegee het aan haar sonde en leef sy nou as ‘n heiden en onderhou heidense gebruike en weet nie waar sy vandaan kom nie; sy leef nou in haar sonde. Die uitverkore volk van God het Sy verbond verbreek, as gevolg van hul ootreding van die gepaardgaande gebooie, insettinge en verordeninge, en dit het tot gevolg gehad dat die vloek van die wet (wetlik of kontraktueel) in werking tree. Dit kon nie anders nie. Die verbond wat God aanvanklik met Abraham gesluit het is nou verbreek deur die nageslag van Abraham. God het Sy kant van die ooreenkoms gehou, maar die nageslag van Abaham het nie en het hulle die seën van die wet verloor en het die vloek van die wet oor hulle gekom, daardie seën en vloek wat hulle oor die land en oor hulself uitgespreek het in opdrag van God. Buiten dat die vloek van die wet nou hang oor beide die huis van Israel (Efraim) en die huis van Juda (die Jode), is daar ook ‘n prys wat betaal moet word vir die verbreking van hierdie verbond. Hierdie prys wat betaal moet word lê opgesluit in hoe die verbond aangegaan is, met ander woorde die terme van die verbond (of wetlike kontrak). Kom ons verfris ons geheue en kyk gou weer na hoe hierdie verbond gesluit is en wat die terme daarvan was. God het aan Abraham gesê dat Hy ‘n verbond met hom en sy nageslag gaan sluit, wat Hy toe gedoen het. Die verbond het behels dat Abraham diere moes neem en elkeen in twee verdeel en die dele teenoor mekaar moes laat lê. Daar het uit die aard van die saak baie bloed gevloei met die sluit van hierdie verbond en is dit niks anders as ‘n bloedverbond wat gesluit is nie. In daardie dae het die twee partye wat die verbond met mekaar gesluit/aangegaan het saam tussen die stukke deurbeweeg en aan mekaar verklaar dat daardié party wat die verbond breek, met daardié party sal gemaak word soos wat gemaak is met die diere. Met ander woorde, die party wat die verbond breek sal sterf en bloed sal vloei. Yahuwah self, by monde van die profeet Jeremia, maak hierdie onteenseglike feit vir ons elkeen baie duidelik.

Jer 34: 18 En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het: 

Die liefde en groot genade van God lê egter daarin dat Hy vir Abraham laat slaap het en het God (die brandende fakkel en vuuroond) toe alleen tussen die stukke deurbeweeg; Abraham het nie. God het in Sy alwysheid geweet dat die mens, Abraham se nageslag, die verbond nie sou hou nie en sou Abraham tussen die stukke deurbeweeg het saam met God dan sou die mens, Abraham se nageslag, moes sterf as hulle die verbond verbreek het. God het dus namens Abraham se nageslag tussen die stukke deurbeweeg; Hy het byvoorbaat die sonde (die verbreking van die verbond) van Abraham se nageslag op Homself geneem. Abraham se nageslag was nie gehoorsaam aan die gebooie, insettinge, en verordeninge van God se Woord nie en het die vloek van die wet (na vele waarskuwings en teregwysings) op hulle gekom. Dit is die rede waarom God Homself moes gee en daarom moes Yahuwsha sterf en het Sy bloed gevloei omdat die nageslag van Abraham, die huis van Israel asook die huis van Juda, die verbond met God verbreek het.

Volgens Yahuwsha self het Abraham geweet dat God Homself eendag sou moes gee vir die sonde/dwaling van sy nageslag. God het in die eerste plek die verbond met Abraham gesluit, maar terselfdertyd die plek van Abraham en sy nageslag ingeneem. Later het God vir Abraham opdrag gegee om sy seun, Isak, te offer. Abraham was gehoorsaam, maar God het vir Abraham die uitweg gegee, in die plek van sy seun/nageslag, naamlik ‘n ram. Abraham het toe geweet God gaan Homself eendag gee in die plek van sy nageslag en hy het hom daarin verheug. Yahuwsha het hierdie waarheid aan die Jode verkondig:

Joh 8: 56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.

Verbond

Ons sien dus dat Yahuwsha, die Seun van God, wetlik (of kontraktueel) moes sterf in lyn met die bepaling van die verbond wat Yahuwah met Abraham en sy nageslag aangegaan het. Dit het egter bepaalde implikasies vir ons (die volheid van die heidene) soos wat ons sal sien in die volgende skrywe.